Vrye Mening
Trevor Manuel – gladnie so onskuldig nie
BERIG IN SAKE24 VAN 12/6/2011: MANUEL KLIM KAALVUIS IN
Volgens dié berig het Minister Manuel nou begin agterkom dat sake in die ekonomie op ‘n ramp afstuur.
Nou klim hy volgens u kaalvuis in om sake reg te ruk. My aarde! Waar was hy die afgelope 15 jaar? Hoeveel keer is daar gewaarsku dat ons op ‘n ramp afstuur en elke keer is dit afgemaak as verkrampte sienings uit ‘n vorige tydvak – ook deur Rapport.
Hyself as Minister van Finansies het die land groot skade berokken met sy onderliggend sosialistiese beleidsrigtings. Dink maar aan die styging van staatsuitgawes en inkomstes tot die BBP ten spyte daarvan dat besteding op infrastruktuur verwaarloos is. Dink maar aan die belasting op pensioen- en voorsorgfondse wat R52 miljard beloop het. Wat van die feit dat die netto belastinglas op die middel- en hoër inkome groepe onder sy bewind uitermatig gestyg het wat besparing en produktiwiteit ‘n reuse knou toegedien het. Wat van die beleid van swart ekonomiese bemagtiging wat ‘n buite begrote belasting item is en sover etlike honderde mIljarde beloop. Dan is kapitaalwinsbelasting ingestel en talle belastingkortings afgeskaf. Hy moes ook voorsien het watter skade die invloei van portefeulje kapitaal die land sou berokken het en dit probeer teenwerk het deur valuta beheer af te skaf en indien nodig ander maatreëls te tref.
Jammer, hy staaan agter die deur en is net so skuldig as die res van die Kabinetslede. Nou tree hy na vore as die man wat Suid-Afrika van ondergang wil red. Daarom bly hy hier en stel hy kwansuis nie belang in ‘n pos by die IMF nie – wel wetende dat hy dit nie sou gekry het nie. Dan wil ek ook weet of ondersteun hy steeds die Alll Black rugbyspan as hulle teen die Springbokke speel.
Die uwe,
A J Jacobs
Afgetrede Senior Ekonoom – ABSA
Suid Afrika eerste
Suid-Afrika Eerste, maar met billikheid en selfrespek
31 Mei 2011, Kaapstad
31 Mei is soos ŉ goue draad deur die geskiedenis van die Afrikaner verweef.
1844: Die Voortrekkerrepubliek Natalia word deur Brittanje geannekseer
1902: Die Vrede van Vereeniging word gesluit
1910: Die Unie van Suid-Afrika word gestig
1918: CJ Langenhoven voltooi “Die Stem van Suid-Afrika”.
1928: Die Unievlag word saam met die Union Jack as amptelike vlag in gebruik geneem
1961: Suid-Afrika word ŉ republiek
Op 31 Mei 2011 word die vyftigste herdenking van die Republiek gevier.
Wanneer die Afrikaner se huidige politieke en sosio-ekonomiese realiteite in oënskou geneem word, is dit gepas om dit te doen uit ŉ perspektief op die nalatenskap van die Boere-oorlog generaal, stigter van die Nasionale Party, minister van Onderwys, Vrystaatse regter, langsdienende Eerste minister, taalman en staatsman… JBM Hertzog.
Dr Rina Venter beskryf die taak van ‘n staatsman as volg: “Alle politieke leiers moet sy eie magsbasis se behoeftes en belange bevorder. Wanneer ‘n politieke leier die staatshoof word, werk hy nie net meer vir die belange van sy eie magsbasis nie. Dan word dit sy verantwoordelikheid om alle burgers se belange gelykwaardig te ag en te bevorder en in die proses sy magsbasis se behoeftes en belange in harmonie te bring met die van alle burgers.  Dit vereis dat ‘n staatsman soms pynlike besluite ten koste van sy eie magsbasis moet neem en hulle moet oortuig van die regverdigheid van sy standpunt deur sy magsbasis se oog te vestig op breër landsbelang.”
PJ Meyer skryf: “Vir ŉ staatsman is twee sake van belang: Die eerste is om self iets tot stand te bring. Die tweede, minder ooglopend, maar moeiliker en groter in sy verreikende implikasies is om ŉ tradisie te skep. Om ander daartoe te bring om die werk wat deur homself geskep is, voort te sit. Om ŉ stroom te ontbind wat deur die geskiedenis vloei ”.
Hertzog het as staatsman twee tradisielyne nagelaat wat deurvloei na vandag.
Die eerste Hertzog-tradisielyn is die stryd van Afrikaners om selfrespek. Een van sy blywende indrukke was die van ‘n waardige oud stryder, ‘n bittereinder wat deur ‘n bloedjong Engelse klerk in Bloemfontein se poskantoor afgejak is omdat hy nie die Engelse vorm korrek kon invul nie. Dié stryd om selfrespek was vir Hertzog een om regte. Dit was die stryd van ‘n jong taal om nie deur Nederlands en Engels in skole en kerke verdring te word nie; die stryd van Afrikaners om na die vernedering van die oorlog met geloofwaardigheid en karakter hulle politieke stem te laat hoor; ŉ ekonomiese stryd om na die Verskroeide aarde-beleid en die Groot Depressie nie gedoem te word tot waterdraers en houthakkers in hulle eie land nie; ŉ stryd van ŉ volk om ŉ eie vlag en lied te mag hê. Dit was die stryd om Afrikaans as kultuurtaal te laat groei tot ŉ volwaardige staatstaal.
Die tweede Hertzog tradisielyn word beskryf deur NP van Wyk Louw: “… by die soeke na ŉ sentrale begrip wat die groot verskeidenheid van Hertzog se werksaamhede kan saambind, het ek gedink aan begrippe soos: gevoel vir geregtigheid, vir sosiale geregtigheid, ŉ gevoel vir gelykheid. ŉ Mens moet eerder die begrip billikheid as die beste as binddraad hanteer. ŉ Hartstog vir billikheid het hom dwarsdeur sy politieke loopbaan gedryf. Billikheid in die betekenis van alles wat teenoorgesteld is aan oorheersing van een groep deur ŉ ander, teenoorgesteld aan die verhoudinge baasskap en knegskap. Met die beginsel van billikheid teenoor almal het hy ŉ nalatenskap gelaat van SUID-AFRIKA EERSTE.”
In krisistye soos die Groot Depressie en die droogte van 1933 – waar die voortbestaan van die land bedreig is – het Hertzog Suid-Afrika eerste gestel deur uit te reik na voormalige opponente. Hy het ook geglo dat daar in Suid-Afrika rassevrede tussen Engelsman en Afrikaner, tussen wit en swart bewerkstellig kan word, mits billikheid en gelyke beregtiging nie net in een rigting toegepas word nie.
As die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings wat die arm Afrikaner van vandag aan die hand van Hertzog se twee tradisielyne beoordeel word, is daar vir die 600 000+ arm Afrikaners weereens ŉ stryd om billikheid en selfrespek.
Die meeste Afrikaners hou nie van die chaos van administratiewe verval, swak dienslewering en korrupsie wat die ANC skep nie. Opnames van Solidariteit Helpende Hand onder arm Afrikaners toon ten spyte van die ANC wat tydens die verkiesingsveldtog na arm Afrikaners uitgereik en selfs vir enkeles huise gegee het, het arm Afrikaners in groot getalle vir die DA gestem. Hulle beskou die DA as ŉ doeltreffende politieke instrument om die ANC teen te staan.
Arm Afrikaners se ondersteuning van die DA beteken geensins dat ŉ billike bedeling vir hulle in die vooruitsig is nie. Afrikaners bly ŉ ongewilde minderheidsgroep. Die persepsie bestaan ook, selfs onder Afrikaners, dat Afrikaners ŉ bevoorregte minderheidsgroep is wat niks verdien en op niks aanspraak behoort te maak nie.
Die implikasie is dat die harde werklikheid en omvang van die Afrikaner armoedevraagstuk nog deur baie ontken word en omgekeerde diskriminasie teenoor arm wit Sui-Afrikaners gedy. Die Zuma- regering dien slegs die belange van hulle eie magsbasis en slaan slegs ad-hoc, hoofsaaklik in verkiesingstye, ag op die pleidooie van arm wittes vir dieselfde billike en regverdige behandeling wat alle armes kan verwag.
Onder die invloed van die ANC se charteristiese aanslag het baie Afrikanerleiers sedert die vroeë negentigerjare hulle politieke perspektief as gevolg van skuldgevoelens verloor en begin fokus op die belange van swart gemeenskappe soos gesien vanuit die ANC se politieke perspektief. Hierdie proses het die Afrikaner se historiese selfbeeld en selfvertroue byna vernietig. Die stryd om selfrespek vir die Afrikaner vandag, is ŉ stryd om herwinning van geloofwaardigheid as mense met integriteit wat jammer is oor apartheid, maar wat verbind is om hard te werk sodat Suid-Afrika kan werk. Vir die arm Afrikaner is die stryd om selfrespek en menswaardigheid dubbel so erg. Die arm Afrikaner het  ŉ verlies aan ondersteuningsnetwerke en beleef  daagliks die afjakke en vernedering van die stryder van ouds.
NP van Wyk Louw se verwoording van die soeke na ŉ dieper reg op billikheid en selfrespek bly vandag nog treffend:
“Ek kom om vir ‘n volk te pleit
wat klein naas al die volke staan,-
dat hulle naam nie sal verklink
en tot die stiltes gans vergaan:
en deur hul reg ‘n nageslag
in verre eeue nog kan leef.”
Te midde van die politieke en sosio-ekonomiese realiteite word die vraag akuut: Hoe kan die Afrikaner, nie as skuldiges en ondergeskiktes nie, maar met geloofwaardigheid en selfrespek, ŉ billike oplossing met gelyke beregting vir sy armes beding?
Afrikaners moet soos ware staatsmanne – met geloofwaardigheid – die behoeftes en belange van arm Afrikaners met erns bevorder, maar terselfdertyd die behoeftes en belange van Suid-Afrika en al sy mense eerste stel. Ons verantwoordelikheid as burgers van Suid-Afrika strek verder as net ons eie mense. Suid-Afrika kan nooit ‘n Staat van integriteit wees indien een sektor van die samelewing, se behoeftes en belange ten koste van ‘n ander bevorder word, soos wat onder die ANC gebeur nie.
Die Nasionale Party van Hertzog was vir die meerderheid Afrikaners meer as ŉ politieke tuiste, dit was ook ŉ geestelike en kultuurtuiste wat die draer van die Afrikaner se Christelike-nasionale ideale was. Dis nie iets wat enige politieke party noodwendig vir die Afrikaner gaan of kan word nie. Dit is ook te betwyfel of die moderne Afrikaner ‘n politieke party as draer van sy ideale sal vertrou. Met sy eietydse stryd om selfrespek, mobiliseer Afrikaners hulself in dinamiese selfdoen-instellings waarin Afrikaner nuwe betekenis grondslag en idees ontwikkel vir ŉ billike voortbestaan in Afrika.
Samewerking met ander het nog nooit Afrikaners se vermoë om hulleself kultureel te organiseer verswak nie. Selfs toe Hertzog Suid-Afrika eerste gestel het om met Smuts saam te werk, het Afrikaners instellings soos die Voortrekkerbeweging, die ATKV en die SA Noodhulpliga gestig, die Bybel in Afrikaans vertaal, Afrikaanse skole en universiteite gebou, Afrikaanse boeke, tydskrifte, en poësie geskryf en die Eeufees van die Groot Trek gevier. Afrikaners het deur eeue kulturele kapitaal versamel waaruit vandag nog geput word. Die vind van selfrespek word vandag gesien in die gewildheid van Afrikaanse musiek, Afrikaanse films soos Liefling, Roepman en Susanna van Biljon; ŉ nuwe teater wat open met ŉ huldeblyk aan Mannetjies Roux;  ŉ Afrikaanse fees in Amsterdam; ŉ Afrikaanse kampus wat deur die Solidariteitbeweging gebou word, Helpende Hand takke wat soos die Reddingsdaadbond van ouds landswyd besig is om selfdoen-oplossings in hulle gemeenskappe implementeer.
Op 31 Mei 2011, met die vyftigste herdenking van die Republiek van Suid-Afrika, staan die Afrikaner as gelouterde mense, maar met groter wysheid. Miskien sal dié verjaarsdag in die geskiedenis onthou word as die tyd toe Afrikaners bo die realiteite van hulle dag uitgestyg het staatsmanne, die belange van Suid-Afrika eerste gestel het, maar terselfdertyd met selfrespek opstaan vir dit wat billik en reg is.
Danie Langner
Kulturele Federalisme
Die linkse siening van menslike potensiaal deur Flip Buys
Die historiese wortels van Suid Afrika se staatsideologie
Die doel van die 2011 FAK-simposia – Prof. Danie Goosen
Die verswakte staat hou geleenthede in vir Afrikaners – Prof. Danie Goosen
‘n Ideologiese boom word aan sy vrugte geken – Flip Buys
Hoekom val “empires”? deur Flip Buys
Die FAK vernuwe
DIE FAK VERNUWE
Dink saam oor die FAK se rol in 2011
Dit is noodsaaklik dat organisasies en belangstellendes saam oor die FAK se funksionering en ondersteuning wat wedersyds gebied kan word, besin.  Elektroniese insette kan gemaak word en ons gee graag terugvoer met die oog op julle deelname.  Ons sien met verwagting uit na die gesprek en verneem graag indien daar spesifieke aspekte is wat julle onder die aandag van die Direksie wil bring.  Kontak die Hoof Uitvoerende Beampte by DanieBrink@fak.org.za of die FAK-kantoor by fak@fak.org.za of 012 326 8646.